Jou boedelsake is op die spel
Die boedellandskap is ongenaakbaar. Een van ‘n fidusiêre praktisyn se grootste uitdagings is om die aanslag op sy kliënte se boedels af te weer. Ons verwys dikwels na hierdie driemanskap as die drie boedelmonsters naamlik:
- 'n inkomste-honger SAID (SARS);
- 'n magsbehepte wetgewer; en
- onbevoegde en korrupte meesterskantore.
Hulle visier is ingestel op welvarende Suid-Afrikaners se boedels, in 'n toenemend chaotiese boedellandskap. Ons bou saam met jou 'n simboliese boedelbrug tussen jou boedel in lewe en die bestorwe boedel by afsterwe, met transito bereddering as die strategiese proses en hulpmiddel. In die proses gebruik ons gevorderde boedelsagteware, volhoubare boedelmetodes, en beproefde boedeltegnieke, om 'n boedel verskansings diens te bied.
Meer oor ons




