Dienste

'n Laat-maar-loop houding is fataal

Daar is min tyd omdat jy lang ure moet werk om die boedelprosesse van boedelbou en boedelbehoud in stand te hou. Daarbenewens, moet jy ook nog deel met die daaglikse struwelinge en onverwagse verrassings wat telkens opduik.

Dit gebeur dan baie maklik dat jy eerder die "onmiddellike voordele" bo "uitgestelde voordele onbewustelik" verkies. Jy moet egter tussendeur ook tyd maak vir die laaste proses: Boedelverdeling.

Om dit optimaal, holisties, en volhoubaar te doen, moet jy genoeg tyd maak om met jou fidusiêre boedelpraktisyn te praat oor 'n persoonlike boedelplan. Dit is nie 'n eenmalige oefening nie, maar 'n deurlopende proses met die bou van jou simboliese boedelbrug tussen lewe en dood.

Op die ouderdom van 65 het jy waarskynlik 81 800 uur daaraan bestee om jou boedeleienaarskap te bou. As jy nou nalaat om agt ure aan boedelbehoud en -verdeling te bestee, gaan jy meer as 25% van jou welvaart by afsterwe verloor.

Optimaal, holisties, en volhoubaar

Suksesvolle boedelplan sluit hierdie drie konsepte in:

  • dit sal optimaal wees, met inagneming van jou finansiële situasie en persoonlike waardes;
  • dit sal holisties wees, met inagneming van alle aspekte van jou lewe en verhoudings; en
  • en dit sal volhoubaar wees en in die behoeftes van erfgename voorsien.

Ons bied boedelkontinuïteit deur vir jou 'n boedelbrug te bou met:

Om dit te doen, ontplooi ons die ElfPunt Plan van die B3 Boedelformule. Ons stel jou boedelsiklus, boedelprofiel, en boedel kontinuïteit, skematies as volg voor:

Boedelsiklus Boedelprofiel Boedel kontinuïteit
Jou boedelprofiel bestaan uit
drie prosesse:

  1. boedelbou;
  2. boedelbehoud; en
  3. boedelverdeling.
Jou boedelprofiel bevat
vyf boedelkomponente:

  1. finansies;
  2. wetgewing;
  3. biografie;
  4. dokumente; en
  5. boedelblootstelling aan die omgewing.
Boedelverskansing geskied deur
drie aksie stappe:

  1. boedellogistiek;
  2. transito-bereddering; en
  3. proporsionele disinvestering.

Oorweeg 'n trust

Ons help ons kliënte om te verstaan waarom 'n Diskresionêre Inter Vivos Trust 'n voorbeeld van paraatheid is – in lewe, vir jou besigheid, vir die huidige generasie, en vir die nageslag wat volg. Korrek aangepas by elke kliënt se unieke vereistes en behoeftes, en regstegnies geadministreer, is kenners van mening dat daar geen regsmeganisme is wat sulke langtermyn, relevante, en waardevolle voordele, bied nie.

Diskresionêre Inter Vivos Trusts is ons passie. 'n Trust kan opgestel word om spesifieke boedel beplanningsdoelwitte te bereik, asook om alternatiewe te bied wat spesifieke en toepaslike belastingtoegewings, insluit.

In 'n neutedop, die redes waarom ons glo dat ‘n lewende trust ernstige oorweging verdien, is:

  • bate beskerming;
  • opvolgbeplanning; en
  • voorsorg vir gebeurlikhede en beskerming vir gestremdhede asook vele ander onwenslike moontlikhede.

’n Trust kom tot stand, en is in volle werking, sodra dit by die Meester van die Hooggeregshof se kantore geregistreer is, en die magtigingsbriewe aan die Trustees uitgereik is.

Die inhoud van jou trust word gestruktureer om aan jou spesifieke voorkeure en doelwitte te voldoen. Dus is daar geen twee identiese trusts nie. Pasop vir Mnr. Google se gratis aflaaie. Die administrasie van trusts geskied ooreenkomstig die voorskrifte van die Trustgelde Beskermingswet nr. 57 van 1988. Dit verskaf aan die stigter die versekering dat administratiewe kontrole en beheer deur wetgewing beskerm word.

'n Testament

Jy en jou testament: Algemene riglyne

Die voorbereiding en opstel van ‘n belasting- en koste effektiewe testament, is die belangrikste stap om te verseker dat jou boedel na jou afsterwe volgens jou wense, regverdig en finansieël optimaal verdeel word. Daarbenewens sal die verskaffing van duidelike instruksies aan jou eksekuteur, bydra om die administrasie van jou boedel te vergemaklik.

Hier is 'n paar voorstelle om te oorweeg wanneer jy jou testament opstel:

  • Professionele Advies: Raadpleeg 'n ervare fidusiêre testament praktisyn wat jou deur die proses kan lei, jou kan help om wetlike vereistes te verstaan, en te verseker dat jou testament geldig en omvattend is.
  • Basiese Inligting: Begin jou testament deur jou volle naam, adres en ander identifiserende besonderhede te verskaf. Sluit 'n verklaring in wat enige vorige testamente en kodisille wat jy moontlik gemaak het, herroep.
  • Eksekuteur-aanstellings: Benoem 'n funksionele eksekuteurspan wat bevoeg is om die drie funksies van bestorwe boedel administrasie te vervul. Kies persone wat betroubaar en in staat is om die betrokke verantwoordelikhede te hanteer. Hiermee benut jy die beginsel van magsverdeling wat verskeie voordele inhou.

    Dit skep finansiële deursigtigheid en aanspreeklikheid, wat almal in staat stel om ingeligte besluite oor enige boedelkwessie te neem. Verder verminder dit die las en aanspreeklikheid op 'n indiwidu, wat beter risikobestuur verseker, en wat boedelverwante foute en ongelukke kan voorkom. Daarbenewens moedig so ‘n magsdeling beter samewerking met saamgevoegde kundigheid aan sodat dit beter besluitneming vir die familie bevorder.
  • Regskundigheid: Prokureurs spesialiseer in regsaangeleenthede en kan leiding gee oor komplekse regskwessies wat met jou boedel verband hou. As jy regskwessies of dispute binne jou boedel verwag, kan dit meer voordelig wees om 'n prokureur in beheer te hê.
  • Finansiële kundigheid: Rekenmeesters spesialiseer in finansiële aangeleenthede en in belasting. As sulks, verskaf hulle waardevolle insigte oor boedelverwante belastings, en die administrasie van jou bates. As jou boedelsake bedreig word met komplekse boedelverwante belastingprobleme, of uitgebreide belasting beplanning vereis, is 'n rekenmeester meer geskik.
  • Vertroue en verhouding: Oorweeg die vertroue en verhouding wat jy met elke professionele persoon opgebou het. Boedelbeplanning en administrasie behels persoonlike en sensitiewe sake, en daarom is dit van kardinale belang om saam met iemand te werk wat jy vertrou en by wie jy gemaklik voel. Evalueer die kern probleme wat jou boedelsake bedreig, asook die verhouding met beide jou prokureur en rekenmeester. Sodoende kan jy bepaal wie beter geskik is om jou boedel te hanteer op grond van die kern kwessies wat jou boedel bevoordeel of kan benadeel.
  • Grootte en kompleksiteit van die boedel: As jou boedel relatief eenvoudig is, met minder bates en eenvoudiger vererwingstrukture, kan enige van die professionele persone in staat wees om dit doeltreffend te hanteer. As jou boedelomvang egter omvattend is, uiteenlopende bates behels, of spesifieke vereistes het, sal jy dalk baat by die gekombineerde kundigheid van beide 'n prokureur en 'n rekenmeester, wat as 'n span saamwerk, elkeen verantwoordelik vir spesifieke take en opdragte, ooreenkomstig elkeen se spesialiteit gebied. Dit sal verseker dat regs- en finansiële aangeleenthede omvattend en in die beste belang van jou boedel en begunstigdes aangespreek word.

Is gesamentlike testamente vir paartjies 'n goeie idee?

Nee dit is nie. Die ding is dat 'n gesamentlike testament soos 'n onherroeplike kontrak is—sodra die eerste gade oorlede is, kan die tweede gade nie die gesamentlike testament verander nie al verander omstandighede.

Die onvermoë om 'n gesamentlike testament te verander nadat die eerste gade te sterwe gekom het, veroorsaak dat bates en eiendom vir jare vasgebind is, en dus kan die langslewende gade nie die huwelikshuis verklein of dit verkoop, om vir geassisteerde lewe of uitgawes te betaal nie.

Versuim om aparte testamente te hê, verhoed die langslewende gade om van die begunstigdes by die langslewende se dood te verander, om by veranderde omstandighede aan te pas.

Daar 'n gesamentlike testament vir getroude paartjies onherroeplik is, kan die langslewende na die eerste gade se dood, byvoorbeeld nie geld in 'n trust plaas vir 'n volwasse kind wat geld roekeloos bestee nie. Die langslewende gade kan ook nie die aanvanklike eksekuteur verander nie.

Ons antwoord jou vrae

[ Al jou vrae word hier beantwoord. Lees gerus. ]