Beveilig vandag jou gesin se toekoms
Die jongste navorsing dui daarop dat mense wat nie betyds hul boedelsake beskerm nie, gaan tot 30% van hul boedelwaarde by afsterwe verloor. Dit neem dan jare om die boedel af te handel. Hierdie is 'n waarskuwing aan boedeleienaars en hul erfgename om kennis te dra van die impak wat boedelwetgewing op die afhandeling van 'n boedel het.
Boedeleienaars moet betyds 'n boedelbrug tussen hulle boedel in lewe en hulle boedel by dood te begin bou. Dit word gedoen deur verskeie boedelverwante elemente te gebruik wat boedelsake nou, met eendag verbind. Die manier om dit te doen, behels deurlopende en volhoubare bestuur en administrasie van die boedeleienaar se:
- boedelsiklus – wat uit drie interaktiewe prosesse bestaan;
- boedelprofiel – vyf komponente; en
- boedel verskansingsplan – drie aksiestappe.
Die inkorporering van boedelelemente en toekomstige boedelrisiko’s binne die raamwerk van die B3 Boedelformule wat in ons ElfPunt Plan vir boedelverskansing manifesteer. Hierdie is 'n mondvol, maar in die praktyk beteken dit dat jou boedel deurlopend in lewe beredder word, en nie eenmalig as ‘n bestorwe boedel nie.
'n Waarskuwing vir almal
Moenie jou welvaart aan die toeval oorlaat nie. Hiermee stel ons die nuwe, moderne boedel beskermings diens aan ons kliënte bekend.
Welvaart werk só: 'n mens kan dit opbou, in stand hou, of toelaat dat dit vernietig word. Nou is jou kans om hierdie proses vir jouself en vir jou familie te beveilig. Laat ons hiermee toe om ons verskansingstrategie met jou te deel – hoe om jou boedeleienaarskap volhoubaar te verskans.
SARS, die wetgewer, en die meesterskantore is daarop gefokus om by afsterwe jou boedeleienaarskap te kaap met belasting, boedelkoste, en die onbevoegde amptenary by die meesterskantore. Die jongste navorsing dui daarop dat hierdie driemanskap gereed maak om tot 30% van die waarde van jou boedel by afsterwe te neem. Die sogenaamde boedelbrigade is daarop ingestel om jou erfgename te teister met stres en verliese, asook rompslomp..
Om hierdie boedelrisiko’s te beperk, en te verseker dat jou boedeleienaarskap tot voordeel van die wat agterbly, beskerm word, stel ons bekend die ontplooiing van die B3 Formule se ElfPunt Plan.
Die ElfPunt Plan
Die Elfpunt Plan behels die volgende:
- Boedelsiklus
- Boedelbou
- Boedelbehoud
- Boedelverdeling
- Boedelkomponente
- Inkorporering van alle demografiese data
- Bepaling en blootstelling aan:
- wetlike aspekte
- finansiële faktore
- kognitiewe faktore
- Assesseer die omgewings aspekte:
- Boedelverskansing, wat die volgende drie aksiestappe bevat:
- Boedellogistiek
- Transito-bereddering
- Disinvestering
Boedelverskansing in 'n neutedop
- Ontbloot die boedellandskap;
- Ontplooi die ElfPunt Plan van die B3 Formule;
- Gegrond op die fidusiêre beginsels van geloofwaardigheid, wedersydse vertroue, en altyd in die beste belang van die kliënt OP TE TREE; en
- Benut die LPE-beginsels van logos, patos, en etos.
- Etos is die kuns om geloofwaardigheid en vertroue te bou;
- Patos is die kuns om 'n beroep op emosies te maak, soos wat die konsep van die dodelike driemanskap se aanslag, met mense op ‘n emosionele vlak skakel; en
- Logos is die kuns om logika en rede te gebruik, en as sulks word jou boedelbrugplan met vaste bewyse en logiese argumente gerugsteun.
Neem vandag aksie om meer te wete te kom van ons strategiese boedelverskansing, en hoe dit jou gaan help om jou boedeleienaarskap, te beskerm.
[ Boedelanker ] [ Boedelbeplanning vs -verskansing ] [ Boedelbrug ] [ Boedel in lewe ] [ Boedel by dood ] [ Boedellandskap ] [ Boedel verskansingsdiens ]