Die boedelbrug

Vandag en môre is nie vêr van mekaar af nie

Die grootste uitdagings vir enige persoon met 'n boedel waarvan hy moet kennis neem, is ‘n kombinasie van:

  • boedelrisiko's wat oorbrug moet word;
  • hindernisse wat die boedeleienaar verhoed of laat pas makeer en dus in sy pad staan sodat hy nie die risiko’s betyds aanspreek nie. “Van uitstel, kom afstel”. Kliek hier vir die simboliek van die padda in die water; en
  • Die beskikbare verskansings om boedeleienaarskap te beveilig.

Namate die boedelrisiko’s in die boedellandskap aanhou om te eskaleer, vinnig in omvang en intensiteit toeneem, en selfs besig is om hand uit te ruk, word dit vir ons al hoe belangriker om volhoubare maniere te vind om ons boedelsake teen die skaamtelose aanslag van die Dodelike Driemanskap te verskans. Hierdie dodelike driemanskap is:

Hindernisse in die opsig, verwys na iets wat inmeng met ander prioriteite of verhinder dat tydige aksie geneem word. Boedeleienaars moet 'n aantal struikelblokke voor hulle afsterwe oorkom. Gebrek aan ervaring is 'n groot struikelblok en sluit in:

  • nalatigheid;
  • 'n gebrek aan selfdissipline;
  • liggelowigheid;
  • uitstel tot eendag;
  • weerstand teen vernuwing;
  • ontkenning;
  • onkunde; en
  • tegniese onkunde – 'n gebrek aan kennis van hoe om iets te doen, of hoe om dit anders te doen.

Vra vir hulp. Alhoewel jy nie weet wat in die toekoms gaan gebeur nie, kan jy altyd vooruit beplan en jou boedelsake teen die risiko’s verskans.

As jy die afgelope paar jaar jou boedelsake afgeskeep en wanbestuur het, kry hulp, maar pasop vir die wolf met skaapklere. Niks wat die moeite werd is, kom verniet nie.

Verskansing darenteen, is ‘n strategie teen algemene boedel- en belastingrisiko's wat gebruik word om boedelsekerheid vir die boedeleienaar te verseker. Dit word gedoen deur boedeleienaar se boedelsake te struktureer ooreenkomstig die drie boedelaksies nl boedellogistiek, transito-bereddering, en disinvestering. Verskansing is 'n manier om die impak van die huidige ongunstige toestande in die boedellandskap of onverwagte gebeurtenisse wat die boedeleienaar se posisie negatief kan beïnvloed, te versag.

Die seile van jou boedelboot

Die werking van ’n seilboot is fassinerend. Dit maak nie saak van watter rigting die wind waai nie, die kaptein kan die boot stuur in enige rigting hy ook al verkies, deur bloot eenvoudig die seile te verstel. As boedeleienaar, is dit jou keuse om jou boedelboot se seile te stuur in die rigting wat jy wil gaan. Jy beheer die seile, maar het geen invloed op die wind nie. Die stel van jou boedelboot se seile, bepaal jou boedel se bestemming. Dit verander nie jou boedelbestemming oornag nie, maar wel die rigting daarvan onmiddellik.

Watter padda is jy?

Hierdie hindernisse kan spreekwoordelike vergelyk word met die fabel oor die padda wat lewendig gekook word. Die uitgangspunt van die verhaal is dat as ’n padda skielik in kookwater gesit word, sal die padda uit die pot uitspring, maar as die padda in lou water geplaas word wat dan stadig tot kookpunt gebring word, sal die padda nie die gevaar besef nie en sal dit uiteindelik dood gaargemaak word. Die verhaal word dikwels gebruik as 'n metafoor vir die onvermoë of onwilligheid van mense om te reageer op, of bewus te wees van bedreigings en gevare wat geleidelik eerder as skielik ontstaan. Wat die verhaal egter nie in ag neem nie is die merkwaardige vermoë van diere om aan te pas.

Boedelbrug

Die bou van 'n boedelbrug behels die daarstelling van 'n boedelplan wat 'n persoon se boedelsake beskerm, en tred hou met disinvestering.

Die administrasie en disinvestering van jou boedeleienaarskap gedurende jou leeftyd en na afsterwe, is 'n deurslaggewende aspek van jou boedelplan.

Om die boustene van jou boedelsake te illustreer, stel ons 'n boedelbrug met vyf pilare voor. Die boedelbrug verteenwoordig die raamwerk en struktuur van 'n persoon se boedelsake. Dit verbind jou voorkeure, waardes, en voornemens, met praktiese aspekte van lewende boedeladministrasie.

Die bou van 'n boedelbrug, tussen jou boedel in lewe en jou boedel by afsterwe, berus op boedelverwante elemente wat die nou met eendag verbind.

Die manier om dit te doen sluit in:

  • Inkorporering van historiese elemente: Deur relevante elemente van tradisionele boedelbeplanningsmodelle te gebruik, om 'n gevoel van die toekoms te skep.
  • Ervaar 'n gevoel van kontinuïteit: Deur die risiko-elemente van die boedellandskap en die tegnieke van boedel beskerming te integreer, om jou boedel nou en by afsterwe te verbind. Die moontlike gaping word met die beginsels van die ElfPuntPlan vir boedel beskerming oorbrug. Die mikpunt is ‘n boedelwaarde gelykstaande aan R0,00 by afsterwe.
  • Ignoreer histories uitgediende metodes: Die tegnieke van die tradisionele boedelbeplanningsmodelle is verouderd en uitgedien. Dit word nog op groot skaal deur rolpelers in die bedryf aangewend, dikwels om boedeleienaars se boedels te kaap. Skrywers verwys dikwels na boedelkaping in die media. Daarom is jaarlikse hersiening van boedelverwante dokumentasie, vanuit ‘n regstegniese oogpunt van belang.
  • Behou die oorspronklike beginsels van boedelbeplanning: Ons behou die oorspronklike gebruike, soos jou testament, trust, likiditeit ensovoorts, vir jou boedelsake om die historiese integriteit van vererwing te behou. Daarbenewens illustreer ons sekere ingewikkelde boedelkonsepte met simbole of metafore, wat help om konsepte in beide die hede en die toekoms, binne konteks met mekaar te verbind, wat dit meer verstaanbaar maak.

Dit is belangrik om deurlopend en gekoördineerd met al die rolspelers te konsulteer, sodat die historiese konteks van jou boedelsake in ag geneem kan word, terwyl die boedelbrug gebou word.

Die pilare van jou boedelbrug

Pilare van die boedelbrug konsep:

Sleutelstappe en oorwegings

Die sleutelstappe en oorwegings wat betrokke is by die bou van hierdie boedelbrug is as volg:

  • Duidelike voornemens vorm die grondslag: Die eerste stap in die bou van jou boedelbrug, is dat jou boedelpersona, met ander woorde jou waardes, persoonlikheid, risiko's, voornemens, en doelwitte, duidelik definieer word. Ons begin deur jou aspirasies en jou siening van die nalatenskap in ag te neem. Daar word verseker dat ons presies weet hoe jou boedel wil verdeel, en bring dit in lyn met jou oortuigings en die welstand van jou erfgename, asook alle lopende risiko’s, reëls, en regulasies van die boedellandskap.
  • Pilaar 1: Skep 'n omvattende boedelplan: Om 'n sterk boedelbrug te bou, benodig jy 'n soliede struktuur met vyf pilare wat gebou word met ons B3 Boedelformule se ElfPuntPlan. Ons hersien alle bestaande boedelverwante regsdokumente en stel die dokumente op wat ontbreek. Ons hou jou boedelbrug in stand deur jou boedelplan jaarliks, op jou verjaarsdag, te hersien, by te werk en te belyn met veranderde risiko’s. Hierdeur word verseker dat tred gehou word met veranderinge in die elf komponente van jou boedelplan.
  • Pilaar 2: Vestig ‘n administratiewe proses met duidelike kommunikasielyne: 'n Noodsaaklike element van die boedelbrug is effektiewe kommunikasie met alle belanghebbenes. Ons verseker dat die realiteit van jou voornemens en die motivering agter jou besluite, duidelik gekommunikeer word. Hierdie dialoog help om misverstande, konflikte, en regsgeskille tussen familielede te verminder, en dit geskied by wyse van 'n jaarlikse familievergadering. Agendas en notules word bygehou. Hierdie gereelde besprekings sal verseker dat almal ingelig is en betrokke voel.
  • Pilaar 3: Betroubare fidusiêre praktisyn(s): Om 'n stewige boedelbrug te bou, behels die aanstelling van betroubare individue om jou wense uit te voer, en te monitor. Wys persoonlike verteenwoordigers in 'n uitvoerende, konsulterende, en besluitnemende hoedanigheid aan. Kies persone wat in staat is om finansiële sake, boedelverwante belastings, en boedeldokumente te kan hanteer, verkieslik persone met kennis van die werking van die elf komponente van boedeladministrasie.
  • Pilaar 4: Boedelbehoud: Ons beskerm en bewaar jou bates. Die beveiliging van jou bates is 'n kritieke aspek van die bou van die boedelbrug. Ons verseker dat jou boedelplan strategieë vir bate beskerming bevat, insluitend versekeringsdekking, opvolgbeplanning en trusts. Jou boedelsake word teen die potensiële impak van alle boedelverwante belastings geassesseer en beskerm. Kundige advies is noodsaaklik om die uitwerking daarvan op jou boedeleienaarskap optimaal te verminder.
  • Pilaar 5: Hersien en bly op datum: Net soos 'n fisiese brug in stand gehou moet word, vereis jou boedelbrug deurlopende instandhouding. Ons hersien jou boedelplan jaarliks om te verseker dat dit in lyn is met die elf punte van jou boedelplan. Lewensgebeurtenisse soos huwelike, egskeidings, geboorte van kinders of kleinkinders, of beduidende veranderinge in jou finansiële situasie, vereis deeglike hersiening van jou boedelplan.

Ons antwoord jou vrae

[ Boedelanker ]  [ Boedelbeplanning vs -verskansing ]  [ Boedelbrug ]  [ Boedel in lewe ]  [ Boedel by dood ]  [ Boedellandskap ]  [ Boedel verskansingsdiens ]