Wat is besig om te gebeur?
Die boedellandskap was nog altyd 'n dinamiese en komplekse komponent vir boedeleienaars, en onderhewig aan verskeie invloede, soos regeringsbeleid, groot finansiële rolspelers, tegnologiese vooruitgang, en geo-politieke insidente.
In die huidige bedeling ervaar boedeleienaars, erfgename, en boedelpraktisyns 'n algehele toestand van chaos en onstuimigheid wat kundiges en individue laat worstel met hoe om hierdie voortdurend veranderende omgewing te verstaan en te navigeer.
Die onderliggende strategie van lewende boedeladministrasie delf in die faktore wat help en bydra om die impak van die huidige toestand van boedel chaos te verbeter. Dit stel strategieë voor vir individue en instellings om aan te pas en te floreer in hierdie onsekere tydperke.
Namate die boedelrisiko’s in die boedellandskap aanhou om te eskaleer, vinnig in omvang en intensiteit toe te neem en selfs besig is om hand uit te ruk, word dit vir ons al hoe belangriker om volhoubare maniere te vind om ons boedelsake teen die skaamtelose aanslag van die dodelike driemanskap te verskans.
Tussen hierdie onbeheerde eskalasie, met die owerheid aan die een kant en die passiwiteit van boedeleienaars aan die ander kant, is daar 'n veeleisende pad van verantwoordelikheid om te volg.
Die inkomste-honger SAID (SARS), met sy ongenaakbare boedelverwante belastingstruktuur, die magsbehepte wetgewer met regulasies om landsburgers in te perk en hul vryheid te beheer, en ‘n korrupte, onbevoegde meesterskantoor wat ons boedelsake in chaos dompel, maak dit spoedeisend vir boedeleienaars om hul boedelsake teen boedelkaping, boerebedrog, en onaanvaarbare praktyke betyds te verskans.
Konvensionele boedelbeplanningsmodelle en bestorwe boedelbereddering is nie 'n volhoubare oplossing nie. Die uitgediende tegnieke en prosedures benadeel nie net die huidige bereddering van boedels nie, maar dit hou ook aansienlike boedelrisiko's in vir boedeleienaarskap oor die algemeen. In plaas daarvan, moet boedeleienaars belê in volhoubare, beproefde metodes en tegnieke.
Deur nou jou simboliese boedelbrug te begin bou, beskerm jy nie net jou boedeleienaarskap in lewe nie, maar verseker jy ook ‘n doelmatige oorgangsproses vir jou erfopvolgers, deur die beginsels van beplanning oor geslagte heen in jou boedelplan te inkorporeer.
Dit is tyd dat boedeleienaars oorskakel na lewende boedeladministrasie of transito-bereddering ter wille van volhoubaarheid en boedelsekerheid.
[ Boedelanker ] [ Boedelbeplanning vs -verskansing ] [ Boedelbrug ] [ Boedel in lewe ] [ Boedel by dood ] [ Boedellandskap ] [ Boedel verskansingsdiens ]