Trusts

Jou vrae

Hier is belangrike vrae gerig op aspekte ten opsigte van jou laaste wil en testament. Dit is belangrik om met ‘n fidusiêre boedelpraktisyn te konsulteer om te verseker dat jou testament regsgeldig is, en jou bedoelings akkuraat weerspieël.



  • Spesifiseer die begunstigdes vir elke bate of kategorie van bates, insluitend familielede, vriende, organisasies, of liefdadigheidsorganisasies.

    Skets duidelik die persentasie of spesifieke bedrae wat aan elke begunstigde toegeken moet word.

    Oorweeg dit om voorsienings vir voorwaardelike begunstigdes in te sluit ingeval jou primêre begunstigdes nie kan erf nie.


  • Kies 'n vertroude individu wat in staat is om die verantwoordelikhede wat betrokke is by die uitvoering van jou testament te hanteer.

    Kommunikeer jou besluit aan die gekose eksekuteur en maak seker dat hulle bereid is om die rol op te neem.

    Oorweeg dit om 'n alternatiewe eksekuteur aan te stel indien die primêre eksekuteur nie in staat is of onwillig is om hul pligte na te kom nie.


  • Dui duidelik aan hoe uitstaande skuld, soos verbande, lenings of kredietkaart saldo’s, met jou boedel vereffen moet word.

    Oorweeg dit om voldoende fondse of likiede bates opsy te sit om enige belasting, insluitend potensiële boedelbelasting, wat met jou dood mag ontstaan, te dek.


  • Druk jou voorkeure uit vir begrafnis- of gedenkdienste, begrafnis, verassing, of enige ander spesifieke reëlings wat jy verlang.

    Alhoewel dit nie wetlik bindend is nie, kan die deel van jou wense leiding gee aan jou geliefdes en die besluitnemingsproses vergemaklik.


  • Beplan vir gebeurlikhede deur alternatiewe begunstigdes te noem ingeval jou primêre begunstigdes nie kan erf nie.

    Gee aandag aan potensiële scenario's waar begunstigdes hul erfenis ontken of nie hul rolle kan vervul nie.

    Hersien en werk gereeld jou testament op om te verseker dat dit jou huidige wense weerspieël en rekening hou met enige veranderinge in omstandighede.


  • Kies 'n geskikte voog wat 'n liefdevolle en stabiele omgewing vir jou kinders sal bied.

    Bespreek jou besluit vooraf met die potensiële voog om te verseker dat hulle bereid is om die verantwoordelikheid te aanvaar.

    Oorweeg dit om alternatiewe voogde te benoem indien die primêre voog nie hul rol kan vervul nie.


  • Inkorporeer alle demografiese data.

    Bepaal blootstelling aan wetlike, finansiële, en kognitiewe faktore.

    Assesseer die impak van situasionele faktore.


  • Oorweeg die ongunstige boedellandskap se impak op jou boedeleienaarskap. Verskans jou boedelrisiko’s op die mees effektiefste wyse met drie aksies: implementeer ‘n omvattende boedel logistieke proses; implementeer transito-bereddering; en begin met ‘n geleidelike disinvestering program.


  • Raadpleeg ʻn ingeligte boedelpraktisyn om die boedelkoste- en belastingimplikasies wiskundig te bereken, te vergelyk, en aan jou te verduidelik: 20%-30% boedelbelasting teenoor 4,1% boedelkoste.


  • Wys 'n geloofwaardige fidusiêre praktisyn aan – ‘n vertroulike volmag aan om finansiële en regsaangeleenthede namens jou te hanteer as jy onbevoeg raak.

    Bespreek jou verwagtinge en die omvang van die volmag met jou familie en die aangewese persoon.


  • Wys iemand aan om mediese besluite vir jou te neem en sit jou voorkeure duidelik uiteen.

    Kommunikeer jou wense aan die aangestelde familielede en gesondheidswerkers.

    Let daarop dat in Suid-Afrika hierdie nog ‘n grys area is.


  • Hierdie belangrike komponent is een van jou boedelbrug se Elfpuntplan vir boedel sekerheid, se boustene. Dit geskied jaarliks op jou verjaarsdag.

    Dis veral groot lewensgebeure soos huwelik, egskeiding, geboortes, sterftes, of beduidende veranderinge in jou finansiële situasie wat deurlopende opdatering genoodsaak.


  • Die likwidasie van 'n bestorwe boedel in Suid-Afrika word gereguleer deur die Boedelwet No 66 van 1965, en die gepaardgaande regulasies.

    Die boedeladministrasie proses behels verskeie wetlike vereistes, soos die indiening van die nodige voorgeskrewe dokumente, die verkryging van die eksekuteursbriewe, en die nakoming van verslagdoeningsverpligtinge onder die jurisdiksie van die onbevoegde en korrupte Meester van die Hooggeregshof.


  • Jou boedelsake is onderhewig aan verskeie ingrypende belastingverpligtinge, insluitend boedelbelasting, hereregte, belasting op geskenke kapitaalwinsbelasting en inkomstebelasting.

    Eksekuteurs is verantwoordelik om te verseker dat alle relevante belasting betaal word en belastingopgawes binne die gespesifiseerde spertye by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ingedien word. Die inkomste-honger SAID se visier is dodelik op jou boedel en trust gerig. Jou boedelplan moet alle beskikbare verskansings opsies en wettige skuiwergate optimaal en deurlopend benut, anders stuur jou boedelsake by afsterwe af op ‘n ramp. Die boedellandskap is in chaos en boedel kaping is aan die orde van die dag.


  • Daar is nie sprake van behoorlike toesig en beheer nie. Boedeleienaars is vasgevang en onderworpe aan ’n sisteem met ’n stelsel wat probeer om elke sent uit jou boedelsake te tap – soos ’n druiwepers die sap uit ’n druiwekorrel tap. Die Dodelike Driemanskap aan die een kant en die magspel van die groot finansiële rolspelers aan die ander kant. ’n Sisteem met baie beloftes, maar met geen volhoubare suksesrekord van vooruitgang nie. Jy is maar net ‘n slagoffer in ‘n maalstroom van verwarring. Hou op tyd mors en begin vandag bou aan jou simboliese boedelbrug.