Trusts

Oorweeg 'n trust

Ons help ons kliënte om te verstaan hoekom 'n Diskresionêre Inter Vivos Trust 'n voorbeeld van paraatheid is – in lewe, vir jou besigheid, vir die huidige generasie, en vir diegene wat volg. Korrek aangepas by elke kliënt se unieke vereistes en behoeftes en met sorg regstegnies geadministreer, is kenners van mening dat daar geen fyner regsmeganisme is wat sulke langtermyn, relevante, en waardevolle voordele bied nie.

Diskresionêre Inter Vivos Trusts is ons passie. So 'n trust kan spesifiek opgestel word om 'n magdom boedel beplanningsdoelwitte te bereik en alternatiewe te bied wat voordelige en toepaslike belastingtoegewings insluit.

In 'n neutedop, is die redes waarom ons glo dat ‘n lewende trust ernstige oorweging verdien:

  • bate beskerming;
  • opvolgbeplanning; en
  • voorsorg vir gebeurlikhede en beskerming vir gestremdhede of teen vele ander onwenslike moontlikhede.

’n Trust kom tot stand en is ten volle in werking sodra dit by die Meester van die Hooggeregshof se kantore geregistreer is en die magtigingsbriewe aan die Trustees uitgereik is.

Die inhoud van jou trust word gestruktureer om aan jou spesifieke voorkeure en doelwitte te voldoen. Dus is geen twee trusts identies nie en pasop vir mnr. Google se gratis aflaaie. Die administrasie van trusts geskied ooreenkomstig die voorskrifte van Trustgelde Beskermingswet nr. 57 van 1988. Dit verskaf aan die stigter die versekering dat administratiewe kontrole en beheer deur wetgewing beskerm word.

Ander redes om 'n trust te stig

  • Om bates en toekomstige inkomste vir ’n minderjarige kind te voorsien.
  • Om lewenslank in ’n kind met ’n gestremdheid se behoeftes te voorsien.
  • Om aanvullende inkomste vir ’n nagelate gade te voorsien.
  • Om bates en inkomste namens ’n verkwister (’n kind wat geensins met geld kan werk nie) te bestuur.
  • Om die inkomste vanuit ’n onverdeelbare bate (soos ’n plaas) tot voordeel van meerdere erfgename te bestuur.
  • Om die waardevermeerdering van die bates in jou boedel te verwyder en na ’n trust oor te plaas waar dit teen kapitaalwinsbelasting en boedelbelasting beskerm word. Die staat hef boedelbelastingteen 20% - 30% op die bedrag waarmee jou belasbare boedel R3 500 000 oorskry. Die oordrag van bates en inkomste na die volgende geslag word teen verminderde koste en belastings verseker.
  • Om voorsiening vir ’n kind se opvoeding te maak. ’n Goeie opvoeding is die beste geskenk wat ’n ouer of grootouer vir hul kinders kan voorsien of nalaat.
  • Om bates gedurende hul leeftyd reeds na verskillende erfgename oor te dra deur ’n trust vir elke erfgenaam op te rig.
  • Om erfgename te beskerm teen aangetroude familie, skoonkinders en kinders se huweliksgoedere-bedelings wat jou nie aanstaan nie.

Wat van 'n buitelandse trust?

Al hoe meer individue is van mening dat dit beter sal wees om beleggings na die buiteland toe te verskuif. Ons vertel jou meer hieroor...

Ons antwoord jou vrae

[ Al jou vrae word hier beantwoord. Lees gerus. ]