Meer oor ons
Wat is 'n fidusiêre boedelpraktisyn?
'n Fidusiêre boedelpraktisyn is 'n individu wat die kliënt se belange ter goedere trou, eerste stel. Hy tree op met omsigtigheid, goeie sorg, vaardigheid, ywer, en goeie oordeel, soos verwag word van 'n professionele persoon. Deon van Zyl is 'n fidusiêre boedelpraktisyn, en vertel verder oor homself.
Hy het op 'n klein dorpie, Loeriesfontein in die Boesmanland, opgegroei, en ten spyte van sy beskeie leefwyse, was hy op skool reeds bekend vir kinderlike kreatiwiteit en deursettingsvermoë.
Sy lewensreis het met beperkte hulpbronne, geleenthede, en voordele begin. As sodanig het hy in moeilike omstandighede grootgeword, en moes baie uitdagings in die gesig staar. Ten spyte van hierdie struikelblokke het hy hard gewerk om sy vaardighede en talente te ontwikkel. Hy moes van jongs af teëspoed oorkom om sy potensiaal te verwesenlik.
Eendag het hy besluit dat hy 'n fidusiêre praktisyn wil word, en om tot die beste in sy veld te groei. Hy het besef dat om wat hy doen, goed te doen, sy kennis en vaardighede sal moet verbeter. Hy het buitemuurs studeer en 'n B.Com graad by UNISA en later ‘n Meestersgraad in Finansiële Bestuur en Administrasie aan Stellenbosch Universiteit. Om hom te bekwaam om as ‘n fidusiêre praktisyn te spesialiseer, het hy ‘n gevorderde diploma in Boedel- en Trustadministrasie aan die Fiduciary Practitioner of South Africa® (FPSA®), verwerf.
Kampvegter vir die regte van boedeleienaars
Wat sou van mense se swaarverdiende geld word as iemand nie sou opstaan vir dit wat reg is, en mense se boedels beskerm nie? Deon Van Zyl is inderdaad 'n kampvegter vir jou regte as boedeleienaar. Lees meer oor sy besondere strategie om dit te verwesenlik.
Oortuigings, filosofie, geloof, spiritualiteit, en die wetenskap
Ons kyk in meer besonderhede na hierdie vyf baie belangrike aspekte en hoe hulle help om die kliënt te lei, saam met die boedelpraktisyn, om sinvolle besluite te neem.