Wat is 'n boedelanker?
Boedelankers is universele beginsels wat in 'n boedelplan gevind word.
'n Anker in hierdie konteks verwys na die persoon en die instansie wat deurlopend verantwoordelik is vir die bestuur van die kliënt se totale boedelportefeulje, soos bv 'n fidusiêre praktisyn. Hulle rol is om alle data van die boedeleienaar te versamel ten einde die omvang van sy totale boedelstatus te bepaal en dit digitaal vas te lê om boedelsekerheid te regverdig. Maar met waarborg, dat as die indiwidu wat jou adviseer, sou sterf, jou boedelplan nie in duie gaan stort nie.
'n Volhoubare holistiese boedelplan, wat jou boedelrisiko’s en -prioriteite aanspreek en jou beskerming gee, is noodsaaklik sodat jy as boedeleienaar gemoedsrus kan hê.
Vestig jou boedelanker as 'n betroubare, stabiele, en veilige basis waaraan jy kan vashou, een wat jou boedelsake beveilig en verskans, maak nie saak watter winde of storms mag kom nie.
[ Boedelanker ] [ Boedelbeplanning vs -verskansing ] [ Boedelbrug ] [ Boedel in lewe ] [ Boedel by dood ] [ Boedellandskap ] [ Boedel verskansingsdiens ]