'n Storie
Loop lig vir die dodelike driemanskap
Eens op 'n tyd was daar op 'n klein dorpie in die Vrystaat, ‘n welgestelde sakeman/boer genaamd Johannes, woonagtig. Hy was onseker en bekommerd oor die regs-, belasting- en finansiële implikasies van sy boedelsake, en hy was veral besorg oor die dag wanneer hy te sterwe sou kom.
Hy het nagte wakker gelê en die onsekerheid het aan hom gevreet, want hy hoor gereeld al die slegte nuus oor stygende belastings, korrupsie en staatskaping, en dat alle staatsdepartemente uitmekaar val. Dit het hom laat wonder. Na oorlegpleging met sy rekenmeester, het Johannes besluit om 'n span prokureurs, rekenmeesters, en finansiële adviseurs te nader. Hulle werk almal aan verskillende aspekte van indiwidue se boedelsake.
Hulle het egter nie almal saamgestem oor hoe om die komplekse omvang van Johannes se boedelsake en boedelprofiel wat oor tyd ontstaan het, te hanteer nie. Hul uiteenlopende benaderings het die potensieel ingewikkelde regs- en belastingkwessies, net verder vererger, wat toe op ‘n dispuut uitgeloop het. Johannes wou 'n oplossing hê wat op ‘n grondige redenasie en logika gegrond is. Johannes was nou meer verward en gefrustreerd as voorheen. Hy het nie geweet wie om te vertrou nie, en kon nie sin maak uit die teenstrydige advies wat hy het ontvang nie. Hy het besluit om die hulp van 'n ervare en goedingeligte fidusiêre praktisyn te kry.
Hy het by ‘n buurman, van Deon van Zyl gehoor, wat vir meer as dertig jaar in alle fasette van welgestelde indiwidue se boedelsake spesialiseer. Hy het verneem dat dit iemand was wat hom sou kan help om die verwarring uit te sorteer, en om by 'n duidelike en rasionele oplossing uit te kom.
Deon praktiseer vir baie jare as ‘n vryskut fidusiêre praktisyn, en was verheug toe Johannes hom nader om te help. Hy het aandagtig en op ‘n respekvolle manier na Johannes se probleem geluister en al die dokumente en advies wat hy van sy raadgewers ontvang het, hersien en ontleed. As boedelraadgewer, het Deon 'n sistematiese en logiese benadering toegepas.
Gevolglik het hy ‘n indiepte studie van die globale situasie gemaak, om sodoende 'n volledige oorsig van Johannes se boedelprofiel en boedelstatus te verkry. Instinktief het hy besef dat indringende ingryping in Johannes se kennis van en ingesteldheid op sy boedelsake onafwendbaar is.