Boedels

Wat is 'n boedel in lewe?

'n Boedel in lewe is jou nalatenskap en huidige bates, hetsy in kontant of vaste bates.

Dit is belangrik dat elke boedeleienaar in Suid-Afrika die potensiaal van hierdie baanbreker-tegnologie moet verstaan en begryp. Ons wil jou as leser daaraan herinner dat grootheid nooit sonder opoffering bereik word nie. En die pad na die toekoms van lewende boedeladministrasie sal nie sonder sy uitdagings wees nie.

Wat nou as ‘n eerste in Suid-Afrika bekend gestel word, is ‘n volhoubare oplossing wat jou in staat stel om al jou boedelsake deurlopend gedurende lewe te beskerm teen die talle risiko’s wat ‘n impak op jou boedeleienaarskap by afsterwe gaan hê. Met gedeeltelike disinvestering as die onderliggende strategie, is die einddoel ‘n boedelwaarde = R0,00 by afsterwe.

Insgelyks, word al jou tersaaklike boedelverwante inligting veilig gestoor en is dit toeganklik in die geval dat jy sou sterf of onbevoeg verklaar word. Alles wat jou fidusiêre boedelpraktisyn en jou genomineerde persone dalk nodig sou hê, word veilig op een plek gestoor en perfek georganiseer volgens jou verwante boedel kategorieë en ander relevante inligting.

Neem kennis dat daar in Suid-Afrika ‘n totaal van 33 dokumente by jou afsterwe vereis kan word. Net hierdie enkele komponent ontaard maklik in ‘n onaangename nagmerrie by afsterwe.

Boedelaangeleenthede gedurende die boedeleienaar se lewe verwys na alle wetlike en finansiële besluite wat 'n persoon neem, om sy bates en sake te bestuur terwyl hy nog lewe. Hierdie besluite fokus op die behoud en bestuur van die persoon se boedelsake gedurende hul leeftyd.

As ‘n verantwoordelike boedeleienaar moet die kern van jou boedelverwante besluite daarop gemik wees om die aanslag van die dodelike driemanskap op jou boedelsake af te weer.

Noodwendig sluit lewende boedeladministrasie die tradisionele komponente van boedelbeplanning in, naamlik

  • finansiële beplanning;
  • testamente en trusts;
  • volmagte; en
  • alle regstegniese aangeleenthede.

Wees vindingryk en oop vir vernuwing. Vertrou dat die regte tyd vir jou om lewende boedeladministrasie te implementeer, aangebreek het. Laat ons hierdie geleentheid aangryp.

Kom ons verwelkom die krag van lewende boedeladministrasie en gebruik dit om 'n beter en meer voorspoedige toekoms vir onsself en toekomstige geslagte te bou.

[ Boedelanker ]  [ Boedelbeplanning vs -verskansing ]  [ Boedelbrug ]  [ Boedel in lewe ]  [ Boedel by dood ]  [ Boedellandskap ]  [ Boedel verskansingsdiens ]

Ons antwoord jou vrae

[ Al jou vrae word hier beantwoord. Lees gerus. ]